Wednesday 29 October 2014

DIE MITE VAN SELF-VERBETERING

"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee." Matt. 11:28


Een van die grootste mites wat skuil in die gevalle menslike psige is die idee dat ek myself eers moet verander, om aanvaarbaar vir God te wees, en gevolglik kan ek leef in verhouding met Hom.  Eintlik is dit presies andersom.  As mens mooi dink daaroor besef jy hoe absurd die gedagte is dat ek myself eers moet 'red' en dan sal ek kwansuis waardig wees om die bloed van Jesus vir myself toe te eien.  As ek myself kon verbeter, hoekom het ek nog vir Jesus nodig?  Jy het in elk geval nie die vermoë om jouself te verander nie.  Dit geld beide dissipels van Jesus en die wat nog nie Sy aanbod van lewe aanvaar het nie.  Ons nader God net soos ons is op grond van die bloed van Jesus, maar ons sal vir seker nie blý soos ons is wanneer ons in verhouding met Hom begin leef nie. 

No comments:

Post a Comment