Thursday 23 October 2014

DIE KAR VOOR DIE PERDE 'EVANGELIE'



Ons glo, dáárom het ons lief, daarom is ons ywerig om goed te doen aan ander, daarom bid ons, daarom sing ons, daarom praat ons met mekaar oor Christus en die koninkryk, daarom praat ons met ongelowiges oor die Goeie Nuus van Jesus se vleeswording, kruisiging en opstanding. Dit is geloof wat die 'wandel deur die Gees' moontlik maak en só 'n wandel bring oorwinning, dit ís oorwinning (Gal. 5:16)! Die Bybel sê nie ons moet oorwin en dan kan ons 'deur die Gees wandel' nie, maar juis andersom.  Ons leef soms in 'doen, doen, doen', ómdat ons daardeur die oorwinning van die Gees wil bewerkstellig. Dit is fataal vir jou geestelike lewe.  Pasop vir die kar voor die perde 'evangelie'! Die ware evangelie werk verstommend anders as ons menslike idees. Dit is die evangelie wat die dryfkrag is vir die lading, die lading kan nie die evangelie dra of produseer nie.

No comments:

Post a Comment