Thursday 21 November 2013

HOE WANDEL EK DEUR DIE GEES?

Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.” Gal. 5:16

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” Kol. 3:3


Die groot fout wat ons maak as dissipels van Jesus is om te dink ons moet eers hierdie Gees dimensie binnegaan voordat ons kan wandel deur die Gees.  Daarom voel ‘n konstante wandel deur die Gees vir baie so onbereikbaar en so ver verwyderd van hulle daaglikse lewe hier op “terra firma”.  Die waarheid is dat alle wedergebore mense reeds gesterf en opgestaan het saam met Christus en daarom is hulle lewe nou “saam met Christus verborge in God”.  Dit is dus nie ‘n dimensie wat ons moet binnegaan of ‘n mylpaal wat ons moet bereik nie, maar ‘n dimensie waaruit ons moet leer leef in geloof.  Christus leef hier en nou binne-in ons en ons moet dit glo en Hom sodoende ruimte gee om Sy lewe deur ons te leef.  

1 comment:

  1. Jesus is n Wynstok en nie n piesang boom nie. Hy is so bereikbaar! Onmiddelik beskikbaar as ons alles!

    ReplyDelete